BESPREKINGS VORM
Hier kan jy my bespreek om by een van jou funksies op te tree. Sluit aan by my friendsSarina (vriende kring) dan kan jy afslag kry vir optredes wat jy bespreek vir jou organisasie met my. Ek het n hele lys van tipe optredes opgestel lees meer.
WIE IS SARINA?
Ek is in Vanderbijlpark gebore, een van 6 kinders, die enigste dogter en 2de outdste. My ouers het my baie Christelik groot gemaak. My hele familie is musikaal...van die oupa's, ouma's, tannies en ooms van albei families. My ouers het voor ek nog gebore is al in dansgroepe gespeel. My familie kan alle instrumente bespeel. Ek was baie skaam as kind en ek en my oudste broer het duette gesing vanaf my 5de jaar. Ek was te skaam om alleen te sing en het altyd agter hom en die groot ghitaar weggekruip. Ons was natuurlik so oulik en moes altyd oral sing waar ons kom. Ek kon glad nie n instrument bespeel nie...want my broers was die orkes. Toe ek koskool toe is toe koop my pa vir my n ghitaar en leer my 6 drukke. As ek verlang het, het ek binne in my klerekas weggekruip en my ghitaar gespeel en n hartseer liedjie gespeel om my beter te laat voel. Daar het ek besef musiek is my hardklop. My skaamgeit het veroorsaak dat ek baie geleenthede gemis het. Maar die liewe Vader wat die talent vir my gegee het, het besluit daar moet iets gebeur met my talent. So sit ek toe eendag weer en snot en trane songs vir myself sing in my kas..toe word ek uitgevang en my kamermaat verkla my by die sangjuffrou...WORD VERVOLG sluit aan by my vriendekring FRIENDSSARINA om die volle verhaal te lees van my kleintyd tot nou ..die lief en die leed..die ops en die afs. Vir meer inligting hoe om aan te sluit? kontak my.
OPTREDES
Ek het my loopbaan in 1986 begin op Nasionale Tv. ek sing al 25 jaar en het soveel verskeidenheid optredes al gedoen. Kyk gerus op die OPTREDE bladsy vir meer inligting oor waar en hoe jy my kan BESPREEK vir jou kerk, skool, vroue funksie, kamp, verjaarsdag, troue, besigheid, ens. As jy inteken op my FRIENDSSARINA dan kry jy spesiale afslag op konsertbesprekings en op die fanpage kan jy meer lees oor my hele volle verhaal.
WINKEL | SHOP | BOUTIQUE
Hier kan jy direkte aankope doen vir cd's, Juwele, geskenke, skilderye ens. Kyk gerus deur die produkte en gaan besoek die SARINA-ART webtuiste om meer van my eie skeppings te sien en aan te koop.
SANGSKOOL
Ek gee persoonlike afrigting vir alle ouderdomme. Vir meer inligting gaan na my SINGING bladsy en kliek ook op my TERMS AND COSTS om vrae beantwoord wat jy het oor die sangskool. Jy kan my ook kontak vir meer inligting.